• Die FAK is nou twee erfenisskatte, wat die enigste van sy soort in die wêreld is, ryker. Andries Hendrik Potgieter, een van die Groot Trek-leiers, se oorspronklike vlag na die oorwinning by die Slag van Kapain/Gabeni in 1837, tussen die Voortrekkers en die Matabeles, is aan die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) geskenk. Dit [...]

  • Mediaverklaring 12 Junie 2024 Na ’n verwoestende brand op Saterdag 8 Junie lê nóg ’n nasionale gedenkwaardigheid, die ou Landdroskantoor op Utrecht, KwaZulu-Natal, in puin. Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) het hiervan verneem na Nico Moolman, ’n besorgde inwoner en geskiedeniskenner en 'n getroue vriend van die FAK, ons hiervan in kennis gestel het [...]

  • Mediaverklaring 10 Junie 2024 Vroeër die maand is beelde deur die bekende beeldhouer Danie de Jager op Hertzog-plein in Bloemfontein deur vandale beskadig, maar dit is nie ’n druppel in die emmer van agteruitgang nie en die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) eis antwoorde. Die toestand van erfenisbewaring in Suid-Afrika is ’n deurlopende probleem, [...]

  • Mediaverklaring 3 Junie 2024 Tientalle mense het die naweek een van die mees unieke “kampervarings” by die FAK se Uolpho Kultuurplaas in Parys beleef. Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) se kultuurnetwerke in die Vrystaat het die afgelope naweek ’n nuwe opelugmuseum in die vorm van ’n klein konsentrasiekamp opgerig om in Juniemaand bewusmaking te bring [...]

  • Mediaverklaring 31 Mei 2024 In die hoofstraat van Carolina staan die standbeeld van veldkornet Adriaan Jacobus de Lange vandag weer trots sy plek vol, na dié beeld onlangs deur die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) gerestoureer en verskuif is. Die Carolina Burgermonument, wat sedert 1930 voor die NG Kerk staan, is in Junie 2021 gevandaliseer [...]

  • Mediaverklaring 31 Mei 2024 Van die Russiese ambassadeur wat 'n gedeelte van die toer meemaak, tot vir die eerste maal die Melrose-huis se binneste kamers aanskou, die bywoners van die Vrede van Vereeniging-toer het 'n belewenis agter die rug. Vanjaar is die vierde jaar wat die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) die Vrede van [...]