’n Propvol kultuurprogram boordensvol vermaak – van redenaars en drama tot musiek en sang – het die Noord-Kaap onlangs behoorlik aan die saampraat én saamsing gehad. CVO-skole in dié provinsie hou jaarliks ’n streeksredenaars- en kultuurbyeenkoms waar leerlinge die geleentheid kry om hul talente op die verhoog ten toon te stel. Vanjaar se byeenkoms is [...]
In 2025 vier die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) twee monumentale mylpale: Afrikaans se 100ste bestaansjaar as amptelike landstaal én die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) se 150ste verjaardag. Een van die opwindende maniere waarop dié dubbele feesjaar gevier word, is ’n besonderse bederf vir boekliefhebbers: ’n Boekeparadys, op Basaardag op 9 Augustus, op die [...]
Op 9 Augustus gaan die Voortrekkermonument-terrein borrel en bruis met Afrikaanse kultuur, kreatiwiteit en kuier wanneer die FAK vir die eerste keer ooit ’n bielie van ’n gemeente- en gemeenskapsbasaar aanbied, en dit in ’n jaar van dubbele viering. Nie net word die 100ste herdenking van Afrikaans as amptelike taal gevier nie, maar haar wortels [...]
Die geliefde komponis Chris Lamprecht (97) se waardevolle versameling musiekstukke, persoonlike publikasies en memorabilia is onlangs deur sy seun, Charl Lamprecht, aan die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) geskenk. Dié skenking, wat nou deel vorm van die FAK-versameling in die argief van die Erfenisstigting (ES), is ’n kulturele skatkis wat van Lamprecht se lewenslange toewyding [...]
Saterdag 19 Julie was die 60ste herdenking van die tragiese afsterwe van ’n belowende jong digter. Ingrid Jonker het op hierdie dag in 1965 in die see by Drieankerbaai verdrink. Sy was maar 31 jaar oud. Jonker het reeds op 5-jarige ouderdom haar eerste gedig geskryf. Van haar eerste gedigte is in Die Jongspan, die [...]
Die FAK se Kultuurnetwerk in Pietersburg (Polokwane) het sy ernstige kommer uitgespreek oor die plaaslike munisipaliteit se versuim om die Pietersburg-konsentrasiekampkerkhof in stand te hou en te beveilig. Daar is ook ’n brief aan die munisipaliteit gerig met indringende vrae oor die pad vorentoe. Die herdenkingsmonument ter ere van die Anglo-Boereoorlog se eeufees, wat in [...]
MediaverklaringsWebmeester2023-04-27T19:54:05+02:00
