• Op 5 April het die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK), in samewerking met die Moths (Ratel-, Crater- en Gonda Shellhall), ’n kranslegging by die graf van Barry Hertzog gehou om die lewe en nalatenskap van dié legendariese man, skuins ná die herdenking van sy geboortedag, te vier. Charles Rademeyer, die FAK se kultuurkoördineerder in die [...]

  • Skaars ’n week nadat die bekende ruiterbeeld van generaal Koos de La Rey in Lichtenburg gevandaliseer is, het die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) op Saterdag 5 April verneem dat die borsbeeld op De la Rey se graf beskadig en sy kop afgekap is. Die FAK het Lichtenburg op 3 April besoek om die vandalisering [...]

  • “’n Volk wat sy taal prysgee verloor sy selfrespek. En ’n volk wat sy selfrespek verloor, verloor alles.” Met hierdie woorde het generaal Barry Hertzog tydens ’n parlementsitting die grondslag gelê om Afrikaans as amptelike taal te laat erken en nou, in die jaar wat Afrikaanssprekendes reg oor die land Afrikaans 100 vier, onthou die [...]

  • Teken nou die FAK se petisie en help ons om die korrupsie en agteruitgang te keer. Pretorianers het Maandagoggend wakker geword met die nuus dat R63 miljoen wat bestem was vir die opknapping van een van die stad se mooiste historiese juwele, die ou Stadsaal, skoonveld is. Dit is ’n skrynende skande dat die stad [...]

  • Die bekende beeld van generaal Koos de la Rey in Lichtenburg het wéér onder vandale deurgeloop en dit is vir die FAK duidelik dat die plaaslike owerhede ’n veer voel vir die kulturele erfenis van dié dorp. Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) het op 31 Maart dié skokkende voorval ontdek na ’n besorgde inwoner [...]

  • Die FAK-Jeugsimfonieorkes het Saterdag 29 Maart 2025 as genooide gaste by die afskopkonsert van die CCNF se Prestige-konsertreeks by Cornwall Hill College in Irene, Pretoria, opgetree. Onder leiding van dirigent Jaco van Staden het die orkes oudergewoonte uitgestaan onder die vier orkeste wat aan dié konsert deelgeneem het. Volgens Annalou Herman, wat al vir die [...]