Mediaverklaring 29 September 2023 Die Matlosana-munisipaliteit het onwettig, onregmatig en teenstrydig met erfenismaatreëls die Groot Trek 1938 Eeufees-gedenksteen in Klerksdorp verwyder en ’n gedenksteen in die plek daarvan opgerig. Hierdie aksie is direk teenstrydig met die Wet op Erfenishulpbronbestuur 25 van 1999. By navrae by die Noordwes Erfenisliggaam is daar bevestig dat geen skriftelike [...]
Mediaverklaring 28 September 2023 Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) se Familie- en Erfenisfees was maar net een van die hoogtepunte tydens die afgelope naweek se Erfenisfeesvieringe by die Voortrekkermonumentterrein. Dit is die vierde maal wat dié genealogiefees deur die FAK aangebied is. “Dit gaan oor persoonlike erfenis. Hierdie is ’n geleentheid om mense [...]
Mediaverklaring 22 September 2023 185 jaar gelede, op 23 September 1838, is die Voortrekkerleier, held, magistraat en wamaker Gerhardus Marthinus (Gerrit) Maritz aan koors oorlede. ’n Voortrekkerleier, wat tot sy laaste asem sy mense gedien en gehelp het, se grafblad is stukkend geslaan in net nog ’n gruwelike daad om Afrikanergeskiedenisbakens te verniel. Maritz [...]
Mediaverklaring 22 September 2023 Vanjaar merk 58 jaar sedert die geliefde digteres Ingrid Jonker die see ingestap het by Drieankerbaai in die Kaap. Op 19 September 2023, 90 jaar na Jonker se geboortedag, het die FAK haar vereer met ’n grafbesoek en op 16 September is ’n gedenklesing gehou om haar lewe en werk [...]
Die gewilde FAK Familie- & Erfenisfees te Pretoria keer in ’n nuwe baadjie terug. Die FAK se Genealogielessenaar vat hande met die Voortrekkermonument (VTM) en die Erfenisstigting (ES) om genealogie en erfenisaktiwiteite by een groot feesterrein te kombineer. Die Genealogie-afdeling van die fees word deur die FAK in samewerking met Isabel [...]
Mediaverklaring 7 Julie 2023 Die toekoms vir die Heldeakker in Pretoria is blink. Agttien instansies het geantwoord op die roepstem van die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) en het gister (6 Julie 2023) vergader om ’n plan van aksie vir die Heldeakker in plek te sit. Quentin Meyer is verlede week as die opsigter [...]
MediaverklaringsWebmeester2023-04-27T19:54:05+02:00