• Die nuutgestigte tak in die Noord-Kaap is opgewonde om Cara Tomlinson te verwelkom as die Kultuurkoördineerder vir die Noord-Kaap-streek, wat spesifiek op Orania fokus.   Cara, oorspronklik van die Pêrel, is diep betrokke by Orania sedert sy in 2014 daarheen verhuis het om haar hoërskoolopleiding te voltooi. Sy het haar akademiese strewes aan die NWU [...]

  • Die FAK se Udolpho Rivierplaas betuig sy hartlike dank aan Orion Voortrekkers en Transmart vir hul onlangse skenking en ondersteuning. Orion Voortrekkers het 14 noodsaaklike items, insluitend bedoortreksels, handdoeke en groenterakke, bygedra om die fasiliteite by Udolpho te verbeter. Die items is veilig deur Transmart by die plaas afgelewer, wat seepglad verloop het.   Corné [...]

  • Dit was die afgelope naweek ’n jaar sedert die afsterwe van die skrywer dr. Dan Sleigh op 28 Julie 2023. Saam met die Stigting VOC, van wie dr. Dan Sleigh ’n stigterslid was, onthou die FAK ’n man wat ’n onberekenbaar groot bydrae gelewer het tot geskiedskrywing. Die direksie van die FAK het as volg [...]

  • Die FAK het met skok verneem van die afsterwe van 'n geliefde skilder van Rosendal. Dit is met diepe hartseer dat die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) van Wim Rautenbach, 'n geliefde figuur in Suid-Afrika se kunste gemeenskap moet afskeid neem. Rautenbach is in die ouderdom van 49 oorlede. Wim, 'n geliefde kunstenaar en eienaar [...]

  • Die FAK het met skok verneem van die afsterwe van 'n geliefde koerantman en Afrikaanse taalpionier. Dit is met diepe hartseer dat die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) van Dirk Kok, 'n geliefde figuur in Suid-Afrika se joernalistieke gemeenskap moet afskeid neem. Kok, wat dapper 'n stryd teen kanker gestry het, is op 28 Julie, [...]

  • In 1654 teken Jan van Riebeeck in sy dagboek aan dat ’n paar lemoen- en suurlemoenboompies in dié jaar vanaf St. Helena-eiland en van Indië na die Kaap gebring is en op twee plekke geplant is, in die Kompanjiestuin en op Van Riebeeck se plaas Bosheuwel. Hierna het nog vele besendings lemoenbome gevolg. Die sitrusbedryf [...]