Die Afri-Duetfees het op 24 en 25 Oktober sy twaalfde bestaansjaar gevier en oudergewoonte ’n musiek- en toneelskouspel opgelewer wat verbind, herinner en inspireer. Vanjaar se fees, met die tema “Paul Kruger 200”, was ’n waardige viering van en erkenning aan die viermalige president van die destydse ZAR en sy nalatenskap. Die 200ste herdenking van [...]
Tydens die OppiHoef Kultuurfonds-komitee se jaarlikse kultuuraand en dankbetuiging was die Orania CVO-skool se saal Maandagaand 14 Oktober getooi met ’n elegansie van lig, klank en trots. In ware Orania-gees is kultuur nie net vertoon nie, maar gevier – met styl, passie en opregte dankbaarheid teenoor diegene wat dit moontlik maak om in hierdie hegte [...]
“My vader was ‘n musikant” was nog nooit tevore in soveel kreatiewe en opgewekte verwerkings gehoor soos Saterdag 11 Oktober in die AfriForum-teater in Pretoria nie. Hierdie FAK-volksliedjie was die tema van die negende jaarlikse Animato A Capella-sêrkompetisie se nasionale finaal en hoërskoolsanggroepe van reg oor die land het vir ’n fees van talentvolle stemme, [...]
’n Hoopvolle en geskiedkundige gebeurtenis het hom op die 200ste herdenking van die geboorte van pres. Paul Kruger afgespeel toe ’n brons standbeeld van dié eertydse staatsman van die ZAR amptelik op 10 Oktober op Orania in die Noord-Kaap onthul is. Meer as 2 000 mense het in die feestelikheid gedeel om Kruger, die persoon wat [...]
“Die naweek se musiekprogram was van uitsonderlike gehalte.” Só sê Dawid Oelofse, die voorsitter van Oog-Klassiek, en bevestig hoekom die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) se Jeugsimfonieorkes (JSO) as een van Suid-Afrika se mees belowende jong klassieke groepe beskou word. Die JSO het van Vrydag 3 Oktober tot Maandag 6 Oktober by Die Oog Aftree-Landgoed [...]
’n Ongelooflike toneel het Donderdagoggend 2 Oktober in Orania afgespeel toe die standbeeld van president Paul Kruger, wat vir nege dae op toer was, uiteindelik sy nuwe tuiste bereik het. Dié brons standbeeld, ’n 4 meter hoë ewebeeld van die een op Kerkplein in Pretoria, het op Erfenisdag, 24 September, ná afloop van die presidensiële [...]
MediaverklaringsWebmeester2023-04-27T19:54:05+02:00
