• Die Federasie van Afrikaanse Kultuurverenigings (FAK) het met die opening van sy kantoor in die Paarl einde verlede jaar besluit om ’n stewige kultuurspoor in die Wes-Kaap te vestig. Hierdie visie word nou verder uitgebou met die eerste FAK-Kultuurnaweek, wat van 19 tot 20 Junie op die prentjiemooi Montpellier Wynlandgoed net buite Tulbagh aangebied word.’n [...]

  • Die Voortrekkersaal by die Voortrekkermonument het Donderdagaand 9 April behoorlik gegons van opgewondenheid, lag, kopkrap, ernstige meningsverskille en vriendelike kompetisie tydens die Rapportryersbeweging en die FAK se derde jaarlikse Flinkdink-vasvrakompetisie. Van die eerste vraag tot die laaste puntetelling was dit duidelik: Flinkdink is veel meer as net ’n kompetisie. Dit is ’n aand waar [...]

  • Die gewilde kunstenaars Jakkals Vibes en Blixim Straat, wat die musiekbedryf behoorlik op sy kop gekeer het en wie se liedjies vandag ’n stewige staanplek op treffersparades en radiospeellyste beklee, is twee van die kundige beoordelaars van vanjaar se FAK-Skryf’it-liedjieskryfkompetisie. Dié twee baanbrekers sal spesifiek die inskrywings in die splinternuwe kunsmatige intelligensie (KI)-afdeling van [...]

  • Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) is vanaf 2026 ’n volwaardige borg en strategiese vennoot van alle afdelings van die Con Spirito Kunsvereniging. Hierdie uitgebreide betrokkenheid bou voort op jare se samewerking en bevestig die FAK se toewyding om die Afrikaanse kultuur onder die jeug te bevorder en ontwikkel.Die FAK was voorheen slegs by sekere [...]

  • “Die geskiedenis kan nie verskraal, verdraai of verwyder word om ’n politieke ideologie ten koste van akademiese balans en kennisoordrag te dryf nie. Dit plaas nie net die integriteit van geskiedenisonderrig in Suid-Afrika onder verdenking nie, maar trek ’n doelbewuste streep deur ’n deel van die Afrikaner se historiese geheue.” Só sê dr. Danie [...]

  • Die afgelope week het hoër- en laerskoolleerlinge tydens Orania CVO se redenaarsbyeenkoms hul menings met selfvertroue uitgespreek. Cara Tomlinson, kultuurorganiseerder van die FAK in die Noord-Kaap, het as ’n beoordelaar tydens die geleentheid opgetree. Die Beweging vir Christelike Volkseie Onderwys (BCVO) stel jaarliks ’n lys van temas bekend waaruit leerlinge kan kies, waarna hulle [...]