Erfenismaand, in die Vrystaat, is by die FAK se Udolpho Rivierplaas gevier met veldflieks, kultuuraktiwiteite en 'n kruis wat geplant is vir die Liebenberg-moorde. Op 21 en 24 September het Udolpho gewemel van opgewondenheid met ryk kulturele geleenthede om Erfenisdag te vier. Die feesvieringe het op 21 September afgeskop met 'n spesiale veldfliekaand met "Spook [...]
Danksy Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) en lede van die gemeenskap het 30 bejaardes vir die eerste keer die merkwaardige Vegkop-slagveldterrein, naby Heilbron in die Vrystaat, kon besoek en beleef. Die FAK se Sentraal-Kultuurnetwerk het op 18 September ’n besondere toer vir bejaardes na die Vegkop-slagveldterrein gereël, waar die ryk geskiedenis van hierdie belangrike [...]
Die graad 6-leerders van Orania CVO Skool het op 28 Augustus saam met hulle onderwyseresse en die FAK se Noord-Kaap Kultuurnetwerk ’n leersame geskiedenisuitstappie na Doornbult-konsentrasiekamp onderneem. Hierdie kamp het van April 1901 tot November 1902 bestaan en vertel die verhale van boervroue, bejaardes en kinders se groot lyding en verliese gedurende hulle aanhouding. Volgens [...]
Huntington Hall, ’n herehuis van diepgaande historiese betekenis in die dorpie Sabie, is gisteraand tragies in ’n brand verwoes. Die oorsaak van die brand is steeds onbekend, maar vroeë berigte dui daarop dat die brand beide die hoofhuis en ’n aangrensende buitegebou verswelg het. Huntington Hall was meer as net ’n struktuur; dit was ’n [...]
Op 24 Augustus 2024 het die Parys Kultuurnetwerk 'n betekenisvolle erfenistoer onder leiding van bevelvoerder Hendrik Potgieter ter ere van die geskiedkundige gebeure van 1836 gehou. Die dag was gevul met aktiwiteite wat daarop gemik was om deelnemers op te voed oor die ryk kulturele geskiedenis van die streek. Die toer het begin by die [...]
Op Saterdag, 17 Augustus het Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) se Noordelike Kultuurnetwerk saam met vriende en ondersteuners die belangrike taak onderneem om verwaarloosde oorlogsgrafte by die geskiedkundige Maitland-begraafplaas buite Kaapstad te herstel. Dié begraafplaas, wat op 4 Februarie 1888 geopen is, is die laaste rusplek van soldate wat tydens die Eerste en Tweede Wêreldoorloë [...]
MediaverklaringsWebmeester2023-04-27T19:54:05+02:00