Die reisende, 4 meter hoë Paul Kruger-standbeeld, ’n brons ewebeeld van die een op Kerkplein, wat op pad is na sy eindbestemming op die beplande Orania-stadsplein, het Maandagoggend 29 September sy stempel in Vereeniging afgedruk en toe die aand by die FAK se Udolpho-Rivierplaas afgesluit. Die besoek het die geskiedenis van die Anglo-Boereoorlog, die Vrede [...]
Die historiese Kruger-standbeeldtoer het Woensdag, 25 September, sy stempel op Rustenburg afgedruk waar president Paul Kruger ‘n groot invloed uitgeoefen het. Hy is deur die plaaslike gemeenskap met groot warmte en trots ontvang. Die toer, wat deel vorm van die aanloop tot die Paul Kruger 200-feesvieringe in Oktober in Orania, het vroegoggend om 08:30 [...]
Die historiese toer van die Paul Kruger-standbeeld, ’n brons ewebeeld van die standbeeld op Kerkplein in Pretoria, het op Saterdag 27 September in twee histories belangrike dorpe aangedoen, met besoeke aan die Kruger-standbeeld by Pretoriuspark en die Paardekraal-monument in Krugersdorp, gevolg deur ’n betekenisvolle program in Heidelberg. Die dag se verrigtinge was nie net [...]
Op Vrydag 26 September het die historiese toer van die Paul Kruger-standbeeld sy pad na Potchefstroom gevind waar dit deel van ’n erfenisviering voor die regsfakulteit op die Noordwes-Universiteit (NWU) se hoofkampus sou vorm. Die feestelikheid, wat bedoel was as ’n viering van erfenis en identiteit, is egter gekortwiek toe die NWU se bestuur [...]
Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) en die Voortrekkermonument het opnuut ’n skrywe aan die Tshwane- munisipale bestuur gerig waarin dié organisasies ’n oplossing bied vir die bewaring van die beleërde beeldegroep op Kerkplein in Pretoria.Dit kom nadat daar die afgelope week weer reuseskade aan die burgerwagte aan die voet van die Paul Kruger-standbeeld in [...]
“Die Afrikaner se beelde en bakens is onder beleg. Dis nie ’n rokie in die verte nie, maar ’n veldbrand wat vinnig versprei en besig is om ’n volk se nalatenskap te verswelg en vernietig – nie net die EFF se roekelose rooipet-retoriek in die parlement en op plaaslike regeringsvlak nie, maar veral die [...]
MediaverklaringsWebmeester2023-04-27T19:54:05+02:00
