Deur Bianca Stevens

Outeur: Elsa Winckler

Uitgewer: Lux Verbi

’n Belofte vir Bippie is rustige leesstof. Vol romanse en ’n onbeplande swangerskap trek Elsa Winckler jou diep in die lewe van Bippie in.

Na die belofte wat Bippie aan die Here gemaak het om nie ’n man in haar lewe toe te laat wat nie bereid sal wees om met haar te trou nie, is Riekert Tredoux skielik onder haar voete terwyl hy die huis oorkant haar restoureer. Riekert het al vroeg in sy lewe (die oomblik toe sy ma by die voordeur uitgestap het) besluit hy sal nooit in sy lewe voor die kansel gevang word nie, maar die swanger rooikop het sy oog gevang van die heel eerste oomblik wat hy haar gesien het.

Sal Bippie haar belofte aan die Here hou en sal Riekert vir haar en klein Papawer kies, alhoewel hy al lankal besluit het dat trou nie in sy toekoms is nie?