Corné van Rooyen

Lapa Uitgewers

Sy hoef nooit weer oor sy liefde te twyfel nie … Emmalynn James is ′n sorgvrye agtienjarige meisie in Londen 1822, en stel nog nie in die minste daarin belang om soos haar vriendinne te trou nie. Sy wil trou vir liefde en wil wag om verlief te raak voordat sy trou, maar dan daag Edmund Blackmore se moeder, Frances, een oggend by haar ouma se huis op en sê dat sy en Emmalynn se ouma, Josephine, besluit het dat haar seun die geskikte man vir haar is. Edmund is die laaste man met wie Emmalynn haar in ′n huwelik wil begewe. Hy is arrogant en laat haar baie ongemaklik voel. Hy wil met haar trou en het alle ander mans wat in haar belang gestel het, verjaag.

Een oggend toe sy saam gaan mark toe, kom ′n aantreklike, donkerkop vreemdeling tot haar redding en later kry sy hom weer te siene toe sy perd op loop gaan en hy op haar ouma se grond beland. Dis dan eers wanneer sy besef wie hy is. Benjamin Worthington die Markies van Hemmingford. Hy is seker die aantreklikste man wat sy nog ooit gesien het, maar ongelukkig vir haar is hy ver buite haar bereik, en het Edmund reeds besluit sy is sy aanstaande vrou.

Robynprinses is deel van LAPA Uitgewers se SuperRomanza-reeks.