Kultuurnetwerke

Die FAK wil ’n verskil maak in gemeenskappe en verseker dat ons erfenis in die toekoms behoue bly. Die FAK het egter die gemeenskap se hulp nodig om ons hande sterk te maak. Ons kultuurnetwerke is ons hande waarmee ons die toekoms in ploeg. Daar is byna in elke provinsie ’n kultuurnetwerk wat die FAK help om verwoesting te keer, grafstene en verwaarloosde monumente te restoureer en skoon te maak.

Wil jy die verskil in jou omgewing wees? Kontak enige een van ons kultuurnetwerkbeamptes om ’n kultuurnetwerk in jou dorp te begin. Die FAK wil ligdraers van die toekoms wees wat ’n kan-kultuur uitleef en trots ’n toekoms vir ons nageslag verseker.

Charles Rademeyer

is ons kultuurnetwerkkoördineerder in die noordelike streke van die land.

Jan-Danie Malan

is ons kultuurnetwerkkoördineerder in die sentrale streke van die land.

Elizma Smith

is ons kultuurnetwerkkoördineerder in die suidelike streke van die land.

  • Mediaverklaring 29 September “Ons erfenis is besig om voor ons oë te verbrokkel.” Só sê Barry Müller, die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) se kultuurnetwerk koördineerder, nadat die FAK ’n regsbrief op die Ditsobotla Plaaslike Munisipaliteit beteken het. Die FAK probeer al maande lank om die munisipaliteit te kry om hulle verpligtinge na te [...]

  • Mediaverklaring 29 September 2023 Die Matlosana-munisipaliteit het onwettig, onregmatig en teenstrydig met erfenismaatreëls die Groot Trek 1938 Eeufees-gedenksteen in Klerksdorp verwyder en ’n gedenksteen in die plek daarvan opgerig. Hierdie aksie is direk teenstrydig met die Wet op Erfenishulpbronbestuur 25 van 1999. By navrae by die Noordwes Erfenisliggaam is daar bevestig dat geen skriftelike [...]

  • Mediaverklaring 22 September 2023 185 jaar gelede, op 23 September 1838, is die Voortrekkerleier, held, magistraat en wamaker Gerhardus Marthinus (Gerrit) Maritz aan koors oorlede. ’n Voortrekkerleier, wat tot sy laaste asem sy mense gedien en gehelp het, se grafblad is stukkend geslaan in net nog ’n gruwelike daad om Afrikanergeskiedenisbakens te verniel. Maritz [...]