Mediaverklaring

28 November 2023

Nuwe Geloftefeeste word steeds gestig 185 jaar na die Gelofte vir die eerste keer afgelê is.

Hierdie Geloftefees het begin as net ’n kerkdiens en 50 mense. Dit het gegroei na 120 mense, waarna besluit is om te skuif na ’n groter saal. Die Geloftefees word gehou op Wemmershoek Voortrekkerkampterrein in die vallei tussen Paarl en Franschhoek. Elizma Smith, kultuurorganiseerder van die FAK in die Suidelik streek, sê Afrikaners is versprei regoor die land en geleenthede moet geskep word om Geloftefees te kan vier.

Die fees word in samewerking met die FAK, AfriForum en die Kaapland Voortrekkers gehou. Hierdie naweekfees gaan sorg vir ’n onvergeetlike ervaring. Op die program is onder meer Die Gelofte Musiekblyspel wat op ’n groot skerm gekyk gaan word, ’n optrede van Adam Tas, kanonne wat afgevuur gaan word en nog vele meer. Schalk Rabie, ’n wynboer van De Doorns en ook ’n kranige sweepversamelaar, bring sy versameling en lewer ’n sweepslaan-demonstrasie. Die kerkdiens word gelei deur ds. C le Roux van Stellenbosch, die feesrede word gelewer deur Pieter Burger en die voorlees van die Gelofte word deur Dan Retief behartig. Retief is ’n negende generasie nasaat van Piet Retief.

“Die fokus moet weer geplaas word op Geloftedag, want anders raak dit net ’n vakansiedag om die Desembervakansie te begin,” sê Smith.

Die Wemmershoek Voortrekkerkampterrein is ’n besonderse terrein om ’n Geloftefees te hou. In die amfiteater op die terrein, waar die Geloftediens op 16 Desember gehou gaan word, staan die Geloofsvryheidsmonument wat in 2020 deur die FAK opgerig is. Hierdie monument is met die 200-jaar-herdenking van die stigting van die Suid-Afrikaanse Bybelgenootskap in 1820 opgerig.

Vanaf die monument kyk jy uit oor die Franschhoekvallei aan die een kant en Paarlvallei aan die ander kant, waar talle Franse Hugenote wat vir geloofsvryheid uit Frankryk gevlug het, hulself in die 1600’s gevestig het.

Die geboorteplase van die trekleier Piet Retief en die geestelike leier Sarel Cilliers, beide Franse Hugenote afstammelinge, is twee van die bekende plase in hierdie vallei. Op die Retief-plaas, Welvanpas, boer die negende generasie Retief-afstammeling vandag nog. Baie wynplase in hierdie omgewing het ook Franse name.

Die FAK is trots om deel te wees van die stigting van hierdie nuwe Geloftefees. Die Gelofte word vanjaar vir die 185ste keer herdenk. Die FAK wil graag in samewerking met die Voortrekkermonument 185 000 mense kry wat die Gelofte herbevestig. Die name van die persone wat die Gelofte herbevestig, sal in ’n tydskapsule geplaas word en weer oopgemaak word op die 200-jaar-viering van die

Klik hieronder.