Kultuurnetwerke
Die FAK wil ’n verskil maak in gemeenskappe en verseker dat ons erfenis in die toekoms behoue bly. Die FAK het egter die gemeenskap se hulp nodig om ons hande sterk te maak. Ons kultuurnetwerke is ons hande waarmee ons die toekoms in ploeg. Daar is byna in elke provinsie ’n kultuurnetwerk wat die FAK help om verwoesting te keer, grafstene en verwaarloosde monumente te restoureer en skoon te maak.
Wil jy die verskil in jou omgewing wees? Kontak enige een van ons kultuurnetwerkbeamptes om ’n kultuurnetwerk in jou dorp te begin. Die FAK wil ligdraers van die toekoms wees wat ’n kan-kultuur uitleef en trots ’n toekoms vir ons nageslag verseker.
Mediaverklaring 29 Junie 2023 Vir die eerste keer in 29 jaar is die Heldeakker weer in Afrikanerbestuur. Quentin Meyer, voorsitter van die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) se Noord van die Berg-kultuurnetwerk, wag al twee jaar lank op die goeie nuus wat hy vandeesweek ontvang het – dat sy aansoek as opsigter van die [...]
Mediaverklaring 26 Junie 2023 Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) se kultuurnetwerke het op 24 Junie ’n skyngeveg op Udolpho Rivierplaas net buite Parys in die Vrystaat aangebied. Dié skyngeveg is ter herdenking van die Slag van Paardeberg, wat tydens die Anglo-Boereoorlog (ABO) plaasgevind het en bekend is as ’n groot nederlaag vir die [...]
Dit is ’n voorreg om jou geskiedenis te ken en te kan oorvertel, maar dit is ’n hele ander ervaring om self te loop waar jou voorouers geloop het. Hierdie geleentheid het dr. Danie Langner vir die jong personeel by die FAK en Voortrekkermonument gegee. Ons interns en jong personeel het hierdie reis meegemaak [...]