Kultuurnetwerke

Die FAK wil ’n verskil maak in gemeenskappe en verseker dat ons erfenis in die toekoms behoue bly. Die FAK het egter die gemeenskap se hulp nodig om ons hande sterk te maak. Ons kultuurnetwerke is ons hande waarmee ons die toekoms in ploeg. Daar is byna in elke provinsie ’n kultuurnetwerk wat die FAK help om verwoesting te keer, grafstene en verwaarloosde monumente te restoureer en skoon te maak.

Wil jy die verskil in jou omgewing wees? Kontak enige een van ons kultuurnetwerkbeamptes om ’n kultuurnetwerk in jou dorp te begin. Die FAK wil ligdraers van die toekoms wees wat ’n kan-kultuur uitleef en trots ’n toekoms vir ons nageslag verseker.

Charles Rademeyer

is ons kultuurnetwerkkoördineerder in die noordelike streke van die land.

Jan-Danie Malan

is ons kultuurnetwerkkoördineerder in die sentrale streke van die land.

Elizma Smith

is ons kultuurnetwerkkoördineerder in die suidelike streke van die land.

  • Mediaverklaring 29 Mei 2023 Die Bela-Bela-gemeenskap het Saterdag 27 Mei by die Voortrekkerbegraafplaas in dié dorp opgedaag en skouer aan die wiel gesit om ’n verskil te maak. Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) se kultuurnetwerke het vir hierdie projek hande gevat met Bela-Bela Heritage, ’n organisasie gestig ter bevordering van geskiedenis en kultuurerfenis. [...]

  • Hoërskool Jan van Riebeeck, ’n Afrikaanse hoërskool teen die hange van Tafelberg, is ’n skool met ’n ryke geskiedenis en trotse tradisie. Onlangs het leerders van hierdie skool saam met die FAK gaan stap in Kaapstad om meer die wete te kom oor die einste Jan, na wie hul skool vernoem is. Op ’n granietvoetstuk [...]

  • Dit is ons erns Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) se kultuurnetwerke in die Kaap het vir die viering van Afrikaans as taal se 98ste verjaardag, wat op 8 Mei plaasgevind het, die Paarl-omgewing verken. Hierdie area is die geboorteplek van Afrikaans as taal en waar die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) tot stand gekom [...]