Kultuurnetwerke

Die FAK wil ’n verskil maak in gemeenskappe en verseker dat ons erfenis in die toekoms behoue bly. Die FAK het egter die gemeenskap se hulp nodig om ons hande sterk te maak. Ons kultuurnetwerke is ons hande waarmee ons die toekoms in ploeg. Daar is byna in elke provinsie ’n kultuurnetwerk wat die FAK help om verwoesting te keer, grafstene en verwaarloosde monumente te restoureer en skoon te maak.

Wil jy die verskil in jou omgewing wees? Kontak enige een van ons kultuurnetwerkbeamptes om ’n kultuurnetwerk in jou dorp te begin. Die FAK wil ligdraers van die toekoms wees wat ’n kan-kultuur uitleef en trots ’n toekoms vir ons nageslag verseker.

Charles Rademeyer

is ons kultuurnetwerkkoördineerder in die noordelike streke van die land.

Jan-Danie Malan

is ons kultuurnetwerkkoördineerder in die sentrale streke van die land.

Elizma Smith

is ons kultuurnetwerkkoördineerder in die suidelike streke van die land.

  • Mediaverklaring 15 April 2023 Gemeenskap spring in om Heldeakker op te knap Die FAK se Moot-Kultuurnetwerk het op 15 April 2023, skouer aan die wiel gesit, hande gevat met lede van die gemeenskap en ingespring om die Heldeakker in Pretoria in stand te hou, na die maandelange verwaarlosing van die plaaslike regering. Lede van [...]

  • Voorlaaierskote klap weer op Vegkop Op 11 Maart 2023 het die voorlaaiers weer op Vegkop-erfenisterrein gedreun toe lede van die FAK en Voorlaaier du vereniging op dié dag bymekaar gekom het om die historiese veldslag te herdenk. Wat voorheen ’n klank van die dood was, is nou ’n dag wat met die hart praat; ’n [...]

  • Klein kanon, groot impak Klein Flippie, die kanon, maak keel skoon tydens die skynoorlog wat ter viering van die Slag van Majuba op 18 Februarie vanjaar plaasgevind het. Na die ordonnans wat hy lewer, kry hy sy eie Udolpho-kenteken om te wys hy was ook daar. Flippie se trotse eienaar, Jannie Hefer, is ’n [...]