Kultuurnetwerke
Die FAK wil ’n verskil maak in gemeenskappe en verseker dat ons erfenis in die toekoms behoue bly. Die FAK het egter die gemeenskap se hulp nodig om ons hande sterk te maak. Ons kultuurnetwerke is ons hande waarmee ons die toekoms in ploeg. Daar is byna in elke provinsie ’n kultuurnetwerk wat die FAK help om verwoesting te keer, grafstene en verwaarloosde monumente te restoureer en skoon te maak.
Wil jy die verskil in jou omgewing wees? Kontak enige een van ons kultuurnetwerkbeamptes om ’n kultuurnetwerk in jou dorp te begin. Die FAK wil ligdraers van die toekoms wees wat ’n kan-kultuur uitleef en trots ’n toekoms vir ons nageslag verseker.
Op Saterdag, 17 Augustus het Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) se Noordelike Kultuurnetwerk saam met vriende en ondersteuners die belangrike taak onderneem om verwaarloosde oorlogsgrafte by die geskiedkundige Maitland-begraafplaas buite Kaapstad te herstel. Dié begraafplaas, wat op 4 Februarie 1888 geopen is, is die laaste rusplek van soldate wat tydens die Eerste en Tweede Wêreldoorloë [...]
Suksesvolle Taalvasvra deur Ou Presidensievereniging aangebied Die Ou Presidensievereniging het op 17 Augustus ’n hoogs suksesvolle Taalvasvra aangebied wat entoesiastiese deelname van ses spanne, elk bestaande uit drie lede, getrek het. Die vasvra, wat deelnemers se kennis oor ’n verskeidenheid kategorieë getoets het, het vrae oor geloof, sport, musiek, Bloemfontein, internasionale onderwerpe, taal en taalidiome ingesluit. [...]
Die FAK vereer ’n onderwyser van die Wes-Kaap wat al vir 20 jaar een van Suid-Afrika se literêre en taalpioniers se werke en lewe herdenk. 12 Augustus is by die meeste skole bloot die begin van nog ’n skoolweek in die derde skoolkwartaal. By Hoërskool Langenhoven in Riversdal het 12 Augustus al vir baie jare ’n [...]