Kultuurnetwerke
Die FAK wil ’n verskil maak in gemeenskappe en verseker dat ons erfenis in die toekoms behoue bly. Die FAK het egter die gemeenskap se hulp nodig om ons hande sterk te maak. Ons kultuurnetwerke is ons hande waarmee ons die toekoms in ploeg. Daar is byna in elke provinsie ’n kultuurnetwerk wat die FAK help om verwoesting te keer, grafstene en verwaarloosde monumente te restoureer en skoon te maak.
Wil jy die verskil in jou omgewing wees? Kontak enige een van ons kultuurnetwerkbeamptes om ’n kultuurnetwerk in jou dorp te begin. Die FAK wil ligdraers van die toekoms wees wat ’n kan-kultuur uitleef en trots ’n toekoms vir ons nageslag verseker.

Charles Rademeyer
is ons kultuurnetwerkkoördineerder in die noordelike streke van die land.
Kontak hom gerus by:

Lieandri Ackermann
is ons kultuurnetwerkkoördineerder in die sentrale streke van die land.
Kontak haar gerus by:

Jolene le Roux
is ons kultuurnetwerkkoördineerder in die suidelike streke van die land.
Kontak haar gerus by:

Cara Tomlinson
is ons kultuurnetwerkkoördineerder in die Noord-Kaap.
Kontak haar gerus by:
Op Saterdag 19 Julie kom 30 jong Oraniërs saam om koppe bymekaar te sit en meer te leer oor Orania en Afrikanerwees. Hulle leer nie net oor Orania nie, maar ook oor toekomsdenke, vryheid, liefde vir ons volk, kultuur en taal. Die dag word ingedeel in hoofsaaklik vier onderwerpe wat die tema Verdedig en Verduidelik [...]
Magersfontein het op Saterdag 12 Julie lewendig geword toe die FAK se Noord-Kaapse kultuurnetwerk ’n gesinsdag en piekniek op dié geskiedkundige slagveld net buite Modderrivier aangebied het. Sowat 40 besoekers het aan die toer deelgeneem en ’n dag van kultuurerfenis, gesellige kuier en leersame oomblikke beleef. Die hoogtepunt van die dag was ongetwyfeld die geskiedenistoer [...]
Die gevandaliseerde Trichard-Potgieter-Monument op die R532, noord van Graskop tussen God’s Window en Bourke’s Luck, is tot sy eertydse glorie herstel en op Saterdag 28 Junie weer onthul. Johan de Bruin, bemarkingsbeampte van die Kultuurtuiste het ook moue opgerol om die gevandaliseerde Trichardt-Potgieter-Monument te herstel. (Foto: Charles Rademeyer) Hierdie erfenisbaken is in 1976 [...]
