Kultuurnetwerke

Die FAK wil ’n verskil maak in gemeenskappe en verseker dat ons erfenis in die toekoms behoue bly. Die FAK het egter die gemeenskap se hulp nodig om ons hande sterk te maak. Ons kultuurnetwerke is ons hande waarmee ons die toekoms in ploeg. Daar is byna in elke provinsie ’n kultuurnetwerk wat die FAK help om verwoesting te keer, grafstene en verwaarloosde monumente te restoureer en skoon te maak.

Wil jy die verskil in jou omgewing wees? Kontak enige een van ons kultuurnetwerkbeamptes om ’n kultuurnetwerk in jou dorp te begin. Die FAK wil ligdraers van die toekoms wees wat ’n kan-kultuur uitleef en trots ’n toekoms vir ons nageslag verseker.

Charles Rademeyer

is ons kultuurnetwerkkoördineerder in die noordelike streke van die land.

Jan-Danie Malan

is ons kultuurnetwerkkoördineerder in die sentrale streke van die land.

Elizma Smith

is ons kultuurnetwerkkoördineerder in die suidelike streke van die land.

Cara Tomlinson

is ons kultuurnetwerkkoördineerder in die Noord-Kaap.

  • Tydens die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) het tussen 400 en 500 Iere hulle met die Boere se stryd om vryheid vereenselwig. Dit was ’n kameraadskap wat vandag steeds voortleef in ons verhale én monumente reg oor die land. Een so monument is die Ierse Monument in Orania waar die FAK op 17 Maart, op die herdenking van [...]

  •   Genl. Gert Opperman en sy vrou, Ria, tydens die bekendstelling van sy boek, Uit genade, bo verdienste!, in die De Kroonsaal by Fort Schanskop. Genl. Gert Opperman, wat vir 11 jaar aan die stuur van die Voortrekkermonument was, het onlangs ’n outobiografie, Uit genade, bo verdienste!, die lig laat sien. Len Dekker, [...]

  • Met etenstyd tydens die gesamentlike direksieberaad is daar is heerlik onder die Voortrekkermonument se skadu saamgekuier . Die Voortrekkermonument het die naweek sy jaarlikse direksieberaad saam met die Federasie vir Afrikaanse Kultuurvereniginge(FAK) en Erfenisstigting gehou. Vanjaar is dit op die Voortrekkermonument se terrein gehou waar dit verlede jaar by die FAK se Udolpho-rivierplaas [...]