• Mediaverklaring 7 Julie 2023 Die toekoms vir die Heldeakker in Pretoria is blink. Agttien instansies het geantwoord op die roepstem van die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) en het gister (6 Julie 2023) vergader om ’n plan van aksie vir die Heldeakker in plek te sit. Quentin Meyer is verlede week as die opsigter [...]

  • George McCall Teal, Suid-Afrikaanse historikus, aktivis en genealoog, het Andries Pretorius beskryf as “die bekwaamste leier en mees perfekte verteenwoordiger van die emigrante boere”. Dit is vanjaar 170 jaar sedert die afsterwe van hierdie formidabele man op 23 Julie 1853. Om hierdie datum te herdenk, het lede van die FAK-Graaff-Reinet-Kultuurnetwerk byeengekom vir ’n kranslegging [...]

  • Die dwarsfluit is deel van die familie van houtblaasinstrumente. Hoewel die silwer weergawe die bekendste is, is dit oorspronklik uit hout vervaardig, vandaar die klassifisering daarvan as ’n houtblaasinstrument. Dit kan ’n variasie van toonkleure skep, soos sag, rustig of hartseer deur middel van lae note of lewendig en opgewek deur middel van hoë note. [...]

  • Mediaverklaring 29 Junie 2023 Vir die eerste keer in 29 jaar is die Heldeakker weer in Afrikanerbestuur. Quentin Meyer, voorsitter van die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) se Noord van die Berg-kultuurnetwerk, wag al twee jaar lank op die goeie nuus wat hy vandeesweek ontvang het – dat sy aansoek as opsigter van die [...]

  • (Hierdie artikel is aangepas uit hoofstuk 7 van Norme vir Afrikaans (5de uitg.) deur prof. Wannie Carstens.) Volgens die HAT is ’n anglisisme “’n vorm wat onder Engelse invloed in ’n ander taal opgeneem word, ook en veral sodanige vorm wat in stryd is met die sisteem van die ontlenende taal.” [...]

  • Hoewel die oorheersing van sommige trefferslyste deur ’n handjievol kunstenaars die wanopvatting laat ontstaan dat daar nie veel diepte in Afrikaanse musiek is nie, het ’n aantal gevestigde kunstenaars, asook een of twee nuwelinge, nuwe enkelsnitte vrygestel wat die potensiaal het om gewild te word. “Lyntjie” – Die Piesangskille Die [...]

  • In ’n ou fotoverhaalboekie sit sy en wag – beehive en pêreloorbelle. Sy bly êrens in die Noord-Kaap en sy hou van Rondry, fliek en die buitelewe … Dis karakters wat almal ken, verhale en fabels van dinge wat rondom ons gebeur. Liefde, leed en die lewe … Met Valiant Swart se nuwe album [...]

  • Esté en Lourens Rabé is die tipe musikante waarvan mens graag meer wil sien. Hulle het ְskaars ’n week uitgegaan, toe begin hulle ’n musiekgroep, Bottomless Coffee Band. “Ons storie is nogal onwaarskynlik, soos ’n feeverhaal,” sê Esté. Dié twee het mekaar op universiteit ontmoet – sý van Graaff Reinet en Lourens van Durbanville. [...]

  • Mediaverklaring 26 Junie 2023 Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) se kultuurnetwerke het op 24 Junie ’n skyngeveg op Udolpho Rivierplaas net buite Parys in die Vrystaat aangebied. Dié skyngeveg is ter herdenking van die Slag van Paardeberg, wat tydens die Anglo-Boereoorlog (ABO) plaasgevind het en bekend is as ’n groot nederlaag vir die [...]

  • Sarel (Charel) Kleinhans is die jonger broer van bekende sanger Herman Kleinhans en het pas sy eie album, Transkei, vrygestel. Die Suid-Afrikaanse gehoor is bekend met en gek oor Herman se musiek, maar maak reg vir Sarel, want hy gaan die Afrikaanse musiekindustrie op horings neem. Hierdie Oos-Kaapse broers het in ’n musikale familie [...]