• Was jy al ooit aan ’n LYNTJIE gehou? Die Piesangskille is seker een van die mees belowende jong opkomende groepe in ons land. Die groep bestaan uit Daniël Francois Marais en Johan Balt wat mekaar in Potchefstroom ontmoet het waar hulle tans albei studeer. Na die sukses van hulle eerste enkelsnit “Mal Maandagaande” het [...]

  • “Ek is in ’n fase van my lewe waar om ’n wasmasjien te koop my opgewonde maak,” skerts Francois Roux, lid van die tweemanorkes, Vrede. Francois en Storm Opperman het byna ’n jaar terug hul orkes begin en het op 9 Junie hul nuutste enkelsnit, “Klein wêreld” bekendgestel. Tydens ’n eksklusiewe onderhoud met die FAK [...]

  • Mediaverklaring 11 Junie 2023 Die afgelope naweek het op ’n skouspelagtige wyse afgesluit by die Voortrekkermonument (VTM), met honderde gaste wat saamgekom het om ’n dag van goeie musiek te geniet met die Monumentale Koorfees. Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK), Adamo Kamerkoor en SingFonix mans-ensemble het vanjaar kragte saamgespan om dié geskiedkundige koorfees [...]

  • Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) het op Sondag 11 Junie gespeel vir talle klassiekemusiekliefhebbers met ’n gesellige kamermusiek-konsert. Drie van Suid-Afrika se top- uitvoerende kunstenaars, Jaco van Staden (Franse horing), Ané van Staden (viool) en Ben Schoeman (klavier), het op Sondag (11 Junie) by die Voortrekkermonument se Kruger-galery kom kuier om ’n unieke konsert, [...]

  • Dit is ’n voorreg om jou geskiedenis te ken en te kan oorvertel, maar dit is ’n hele ander ervaring om self te loop waar jou voorouers geloop het. Hierdie geleentheid het dr. Danie Langner vir die jong personeel by die FAK en Voortrekkermonument gegee. Ons interns en jong personeel het hierdie reis meegemaak [...]

  • Mediaverklaring 3 Junie 2023 ’n Saadjie van hoop wat verlede jaar saam die FAK geplant is, het in vrugbare grond geval en vandag het die gemeenskap van Springs die eerste vrugte hiervan gepluk. Oktober verlede jaar het die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) se Oos-Rand-Kultuurnetwerk, wat bestaan uit verteenwoordigers van instellings soos die VF [...]

  • Mediaverklaring 2 Junie 2023 Op 2 Junie 2023 is die Kundramus-kunsgalery in samewerking met die Federasie vir Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) amptelik by die Voortrekkermonument tydens ’n spogfunksie geopen. “Kundramus staan vir die samekoms van kuns, drama en musiek. Dit is presies wat vanaand hier gebeur. Die Voortrekkermonument is nie ’n dooie gebou nie, maar [...]

  • Mediaverklaring 1 Junie 2023 ’n Klein gemeenskap kán ’n groot verskil maak. Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge vier die heldedaad van die Suid-Afrikaanse held Wolraad Woltemade, wat op 1 Junie, 250 jaar gelede sy lewe opgeoffer het om ander te red. By sy standbeeld wat op die Old Mutual-kantore in Pinelands, Kaapstad se perseel [...]

  • Mediaverklaring 1 Junie 2023 ’n Groot groep geskiedenisliefhebbers het op 31 Mei saam met die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) en hul Vaal-Kultuurnetwerk hul jaarlikse Vrede van Vereeniging (VvV)-toer meegemaak. Hierdie toer is ’n herdenking van die vredesverdrag wat tussen Boer en Brit gesluit is en is op 31 Mei 1902 by die Melrosehuis [...]

  • Mediaverklaring 29 Mei 2023 Die Bela-Bela-gemeenskap het Saterdag 27 Mei by die Voortrekkerbegraafplaas in dié dorp opgedaag en skouer aan die wiel gesit om ’n verskil te maak. Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) se kultuurnetwerke het vir hierdie projek hande gevat met Bela-Bela Heritage, ’n organisasie gestig ter bevordering van geskiedenis en kultuurerfenis. [...]