• Die Genealogielessenaar by die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) het onlangs ’n indiepte-navorsing afgehandel en ‘n ontdekking gemaak oor tennislegende - Roger Federer.   Dit blyk dat Federer verwant is aan Sarel Cilliers, 'n prominente Voortrekkerleier wat 'n deurslaggewende rol gespeel het in die Groot Trek (of die Groot Migrasie) tussen die 1830's en 1850's. [...]

  • “Musiek is ook ’n vorm van kuns wat klanke en stiltes bevat, net soos beeldende kuns stiltes bevat wat die lewe weerspieël.” Só vertel Marize Möller, kurator van die VTM-FAK Kunsgalery (VFK) wat op 28 Julie die eerste Kuns en Kamermusiek-vertoning vir die jaar aangebied het. Die Voortrekkermonument (VTM) het gasheer gespeel vir dié skouspel [...]

  • DF du Toit was ’n taalstryder, joernalis en letterkundige. Daniël Francois du Toit is op 15 Januarie 1846 op die plaas Kleinbos in Daljosafat gebore. Sy ouers was David Petrus du Toit en Helena Elizabeth du Plessis. Die gesin het uit ses broers en sewe susters bestaan en hy was die ouer broer van [...]

  • Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) het op 12 Julie 2024 een van hul grootste projekte vanjaar aangepak met die bekendstelling van die Kruger-sterftekamer, ’n replika van die vertrek waarin Paul Kruger in 1904 oorlede is, by die Voortrekkermonument (VTM). Lees meer: https://www.facebook.com/FAK01/posts/pfbid0AJZgCKr6DNktmF8XR9ZqrDbi7hXSCB7tWV1txnrrCbK61c3p4HL7nrSn4hNE25MGl Tydens die bekendstelling het adv. Marius Ackermann, voorsitter van die VTM-direksie, ’n [...]

  • Mediaverklaring 19 Julie 2024 Erfeniskenner en kurator van een van die topmuseums in die land prys die FAK vir die werk wat hulle doen om gemeenskappe te mobiliseer om erfenis in Suid-Afrika te bewaar en beskerm. Dr. Johan van Zyl, kurator van die Oorlogsmuseum in Bloemfontein, het die week sy dank uitgespreek aan die Federasie [...]

  • “Vandag gaan ons op ’n reis deur die geskiedenis van Oom Paul.” So vertel Charles Rademeyer, kultuurkoördineerder van die Federsasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK), wat vandag, 120 jaar na die afsterwe van die legendariese Paul Kruger, op ’n ontdekkingsreis in Pretoria gegaan het om die president van die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) se lewe en nalatenskap [...]

  • Mediaverklaring 12 Julie 2024 Die inhoud van oudpresident Paul Kruger se sterfkamer, uit Clarens in Switserland, het 120 jaar later sy tuiste gevind by ons kultuurtuiste, die Voortrekkermonument. Die inisiatief is deur die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) van stapel gestuur. Na die Villa in Clarens in die vroeë 90’s verkoop is, is ’n [...]

  • Die FAK is nou twee erfenisskatte, wat die enigste van sy soort in die wêreld is, ryker. Andries Hendrik Potgieter, een van die Groot Trek-leiers, se oorspronklike vlag na die oorwinning by die Slag van Kapain/Gabeni in 1837, tussen die Voortrekkers en die Matabeles, is aan die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) geskenk. Dit [...]

  • Mediaverklaring 12 Junie 2024 Na ’n verwoestende brand op Saterdag 8 Junie lê nóg ’n nasionale gedenkwaardigheid, die ou Landdroskantoor op Utrecht, KwaZulu-Natal, in puin. Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) het hiervan verneem na Nico Moolman, ’n besorgde inwoner en geskiedeniskenner en 'n getroue vriend van die FAK, ons hiervan in kennis gestel het [...]

  • Mediaverklaring 10 Junie 2024 Vroeër die maand is beelde deur die bekende beeldhouer Danie de Jager op Hertzog-plein in Bloemfontein deur vandale beskadig, maar dit is nie ’n druppel in die emmer van agteruitgang nie en die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) eis antwoorde. Die toestand van erfenisbewaring in Suid-Afrika is ’n deurlopende probleem, [...]