• “Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) gee sy ondubbelsinnige steun aan Afrikaners wat jaarliks op 16 Desember die Gelofte van 1838 in ere wil hou, teen die aandrang van Suid-Afrika se president en regeringslui om tradisionele Geloftefeeste in regeringsgedrewe, staatlike en politieke ‘Versoeningsdagvierings’ te laat opgaan.” Só sê die voorsitter van die FAK se [...]

  • Die internasionaal gerekende skilder Kobus Möller het op Donderdag 4 Desember ’n unieke, eksklusiewe koffietafelkunsboek, Risk & Reward, by die Voortrekkermonument bekendgestel. Hierdie publikasie, waarvan slegs 500 eksemplare beskikbaar is, is nie net ’n besonderse getuigskrif van Möller se lewenswerk oor meer as vyf dekades nie, maar elke eksemplaar spog ook met ’n handgeskilderde [...]

  • ’n Groot gemeenskapsinisiatief, waar die FAK ‘n ondersteunende rol gespeel het, het nuwe lig gewerp op een van Brakpan se belangrikste, maar lank verwaarloosde erfenisterreine. Dié inisiatief is gelei deur Rudolf Herbst, wat ook dien as die voorsitter van die FAK Oos-Rand-kultuurnetwerk. Hierdie aksie is deur ‘n verbasende groot groep plaaslike inwoners en organisasies [...]

  • Op 11 November het die Orania-gemeenskap, saam met miljoene mense wêreldwyd, tyd gemaak om stil te staan en terug te dink aan die einde van een van die mees vernietigende oorloë in die geskiedenis. Waar ander lande die dag as Remembrance Day of Rooipapawerdag herdenk, is dit in Orania bekend as Witkruisdag — ’n [...]

  • In ’n tyd waar Afrikanergeskiedenis in skoolsillabusse op die agtergrond geskuif word, slaag die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) uitnemend daarin om jong Suid-Afrikaners se belangstelling in hul verlede te prikkel. Meer as 1 000 leerders van 54 skole landwyd het vanjaar aan die FAK se nasionale Geskiedenisolimpiade deelgeneem – ’n indrukwekkende bewys dat [...]

  • Kaptein Alexander Harvey Biggar – dié naam is opnuut onthou en die dapper man vereer met die onthulling van sy standbeeld in die Trekroetetuin by die Voortrekkermonument in Pretoria. Dit is vandag die 244ste herdenking van sy geboortedag. In die Trekroetetuin, reg langs die walaer wat die Monument omring, is die trekroetes van die [...]

  • Die Afri-Duetfees het op 24 en 25 Oktober sy twaalfde bestaansjaar gevier en oudergewoonte ’n musiek- en toneelskouspel opgelewer wat verbind, herinner en inspireer. Vanjaar se fees, met die tema “Paul Kruger 200”, was ’n waardige viering van en erkenning aan die viermalige president van die destydse ZAR en sy nalatenskap. Die 200ste herdenking van [...]

  • In ’n wêreld waar dinge vinnig verander en geskiedenis dikwels vervaag, staan die Wesfrontvasbyt 2025 as ’n lewende getuienis van volharding, identiteit en trots. Vanjaar het die stappers van die Wesfrontvasbyt geskiedenis gemaak toe hulle die eerste groep was wat in generaal Piet Cronjé se laer by Vendusiedrift oornag het – ’n stuk grond [...]

  • Die sonsopkoms oor die Voortrekkermonument het op 23 Oktober 2025 meer as net lig gebring. Dit het betekenis, kultuur en geskiedenis saamgevoeg in ’n plegtige viering van taal. Op hierdie dag het die Afrikaanse Hoër Seunskool (Affies) en die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) ’n merkwaardige publikasie onthul: ’n Grieks-Afrikaanse Woordelys, saamgestel deur Antonis [...]

  • Musiek bring hoop in die donkerste tye en hiervan kan Tuin Schoeman eerstehands getuig. Dié naaswenner van die FAK se Afrikaanse liedjieskryfkompetisie, Skryf’it, het vir 19 jaar met die donkerte van verslawing gestoei, met musiek haar enigste reddingsboei. “Ná my ontslag uit rehabilitasie, het ek besluit om vir Skryf’it in te skryf. As ’n [...]