• Die opening van ’n geskiedkundige gedenksaal by Laerskool M.L. Fick in Potchefstroom op 21 Mei was ’n besondere geleentheid waartydens die skool se ryk geskiedenis, sterk gemeenskapsgees en waardering vir erfenis op luisterryke wyse gevier is. Leerders, personeel, oudleerders en gemeenskapslede het die geleentheid bygewoon. Die FAK se kultuurorganiseerder vir die sentrale streek, Lieandri [...]

  • Fynproewers kan hul feesvere regskud vir ’n kultuurbelewenis soos min tydens die FAK se heel eerste Kaapse Kultuurnaweek. Dié fees, wat op 19 en 20 Junie op die skilderagtige Montpellier Wynlandgoed in Tulbach plaasvind, beloof om ’n hoogtepunt op die Afrikaanse teater- en musiekkalender te wees. Die Kultuurnaweek bou voort op die FAK se [...]

  • Die FAK-Skryf’it-liedjieskryfkompetisie spog ’n indrukwekkende totaal van 1 091 nuwe liedjies wat vir dié kompetisie ingeskryf is. Dit is dubbel soveel as verlede jaar en bevestig dat die behoefte aan ’n platform vir nuwe Afrikaanse liedjieskrywers groter as ooit is. Met die die eerste beoordelingsronde wat dié maand plaasvind, word die FAK se kundige [...]

  • Die Moloporivier het op 30 April vir die eerste keer in meer as ’n eeu weer die Oranjerivier bereik nadat swaar reën in die opvangsgebiede uitgesak het. Vir vanjaar se Rebelspoorvasbyt-stappers was dit ’n uitsonderlike voorreg om hierdie seldsame, byna “eenkeer-in-’n-leeftyd”-gebeurtenis, self te beleef.Die Rebelspoorvasbyt, wat van 29 April tot 3 Mei deur die FAK [...]

  • Met die afsterwe van Mimi Coertse neem die Afrikaanse kultuurwêreld afskeid van een van sy grootste stemme. Oor dekades heen het “Onse Mimi” sinoniem geword met uitnemendheid, dissipline en ’n onwrikbare trou aan die Afrikaanse lied. Volgens dr. Danie Langner, besturende direkteur van die FAK, was Coertse nie net ’n wêreldbekende sopraan nie, maar [...]

  • Die FAK-Jeugsimfonieorkes het op Sondag 26 April saam met die Pretoria Simfonieorkes (PSO) ’n uitsonderlike musikale belewenis gelewer tydens die Tutti-konsert in die ZK Matthews-saal by Unisa. Onder leiding van dirigent Jaco van Staden was die konsert ’n kragtige viering van musikale uitnemendheid. Die titel Tutti – Italiaans vir “almal” of “saam” – het [...]