Die bekende skrywer en joernalis Elize Parker het onlangs haar gewilde Laeveld-drieluik afgesluit met die derde en laaste boek, Waar die doringbome sing. Dié boek voltooi dan eindelik haar trilogie wat bestaan uit die eerste twee boeke – Stil vloei die Komati en Wanneer skaduwees kantel. Hierdie nuwe boek ondersoek kragtige temas soos verlies, geloof [...]
Op versoek van die Vaktaalskakelkomitee van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het die Uitvoerende Komitee van die FAK besluit om die Handhaaf-en-Boureeks wat in 1936 gepubliseer is, deeglik te hersien, ruim aan te vul en in handige sakformaat in druk uit te gee. Hierdie lys van motorterme is die eerste van die [...]
Taalhandhawing was aan die begin die belangrikste taak van die FAK. Die noodsaaklikheid van woordelyste vir Afrikaanste terme is besef. Die eerste woordelyste wat sedert 1930 verskyn as deel van die Handhaaf-en-Boureeks, sluit in Engels-Afrikaanse woordelyste vir motorterme, kruideniersterme en slagtersterme. Professor PJ Nienaber het as eerste redakteur van die Handhaaf-en-Boureeks ook lyste gepubliseer met [...]
Die FAK het die kunste en kunstenaars gedurende die #korona-inperkingstydperk ondersteun, veral deur bewusmaking. Die soeklig is ook geplaas op diegene wat in die geskiedenis baanbrekerswerk gedoen het met die skryf van Afrikaanse tonele. Gedurende die tyd van inperking het die FAK gratis e-publikasies van vorige toneelstukke gepubliseer. Lê lekker in die gemak van [...]
Hoewel die jaar einde se kant toe staan, het ’n aantal kunstenaars nuwe musiek vrygestel; onder hulle is die eerste enkelsnit vanaf ’n gewilde sanger se jongste album, die temaliedjie van ’n televisieprogram op kykNET, ’n liedjie wat opgedra is aan een van die gewildste Springbok-rugbyspelers op die oomblik en die eerste enkelsnit deur ’n [...]
Hartsmense Cliffordene Norton VivA-Uitgewers As iemand na die titel en voorblad van hierdie aanlyn bundel sou kyk en dink dat dit oor liefdesverhale gaan, is hulle heeltemal reg. Nie jou tipiese romantiese liefdesverhale nie, maar verhale wat naasteliefde illustreer. Hartsmense is ’n bundel stories wat gaan oor die mense wat ons liefhet. Moet egter [...]
David Walliams, gebore in Londen, Engeland, is ’n besondere talentvolle kinderboekskrywer. As jy wonder hoekom sy gesig so bekend lyk, is dit waarskynlik omdat jy hom al in ’n film of twee gesien het. Walliams dra verskeie hoede. Hy is ’n skrywer, akteur, komediant en TV-persoonlikheid wat jy waarskynlik al in ’n fliek soos [...]
Die geheime klippieklub Erla-Mari Diedericks VivA-Uitgewers Prys: R116 Die geheime klippieklub deur Erla-Mari Diedericks is ’n verhaal wat inspireer. Dié oorspronklike storie begin in oertye waar ’n klippie as ’n ritueel gebruik word. ’n Klippie is eintlik ’n heel eenvoudige aardse element waaraan daar nie baie aandag gegee word nie, maar hierdie boek kleur die [...]
Titel: Druk speel: ’n Filmstudiegids vir die klaskamer Outeur: Leon van Nierop Lapa Uitgewers Vir baie mense is daar niks lekkerder as om in hul vryetyd hulself uit te strek op die rusbank, na die televisie beheerkontrole te strek en heelaand, heeldag, ondeurdag na die skerm te staar nie. Druk speel deur Leon van [...]
Hannes Barnard Lapa Uitgewers Resensie deur Anneke Langner Elke wolk het ’n silwer randjie, maar die een waarvan Hannes Barnard skryf, het ’n vurige oranje gloed wat die leser op die punt van sy/haar stoel sal hou. Elke wolk het ’n silwer randjie, maar die een waarvan Hannes Barnard skryf, het ’n vurige oranje [...]
Resensies en PublikasiesWebmeester2024-04-30T14:24:40+02:00