• Deur Bianca Stevens In 2016 het Huisgenoot in samewerking met kykNET Films hul eerste rolprent vervaardig ter viering van hulle 100ste verjaarsdag.  Dié fliek, Vir die voëls, was gegrond op die lewe van Irma Humpel en Sampie de Klerk. Vir die voëls was ook nie net in Suid-Afrika te sien nie, maar is by verskeie [...]

  • Samestellers: Sonja Loots en Steward van Wyk Uitgewer: Human en Rousseau Deur Petronel Fourie Dié bundel bied nie maklike leesstof nie. Om jou weg deur die verhale te vind, is dikwels ’n surrealistiese ervaring. In die voorwoord sê die samestellers dat die versameling ’n viering van verskeidenheid wil wees en ’n verruimende, vars blik op [...]

  • Titel: For the Love of the landBeing a farmer in South Africa today Uitgewer: Tafelberg Outeurs: Ivor Price & Kobus Louwrens Deur Carla van der Spuy Om te boer is een van die moeilikste, onvoorspelbaarste en lewensbedreigende beroepe in Suid-Afrika. Syfers toon dat dit gevaarliker is om in Suid-Afrika te boer as om ’n polisieman [...]

  • Deur Alita Steenkamp Haar gunsteling Afrikaanse woord is hardekwas, of sommer harrekwas soos wat net ’n Afrikaanssprekende kan sê. Gepraat van hardekwas, Irma Venter kry dit uitstekend reg om hardekwas karakters te skep wat help om grusame misdade te ontrafel en haar lesers enduit vasgenael te hou in die bladsye van ’n boek. Sy is [...]

  • Deur Carla van der Spuy “Wetenskapfiksieboeke asseblief!” Dit was ’n versoek wat ek onlangs ontvang het van gevangenes by die Kutama Sinthumule Korrektiewe Sentrum op Makhado. Een van hul biblioteke het afgebrand en van daardie manne het vonnisse van tot ’n duisend jaar lank gekry. Dus is daar baie tyd vir lees. Maar gevangenes lees [...]

  • Deur Neels Jackson Roger Federer teen Rafael Nadal. Watter opwinding het die vooruitsig van ’n vertoonwedstryd vroeg in Februarie in Kaapstad tussen dié twee reuse van die tennis nie onder Suid-Afrikaners losgemaak nie! En dis g’n wonder nie. Saam met Novak Djokovic het Federer en Nadal tennis die afgelope jare oorheers soos nog nooit tevore [...]

  • Hoewel Valeska Muller se eerste Afrikaanse album teen die einde van 2019 vrygestel word, is sy glad nie ’n nuweling in die vermaaklikheidsbedryf nie. Sy was agtien jaar oud toe sy aan die program Zing op kykNET deelgeneem het en later het sy ook in ’n aantal verhoogproduksies opgetree. Daarby was sy as aktrise in [...]

  • Teen die einde van 2019 het Universal Musiek ’n aantal konserte gereël om mense weer aan die dans te kry, met kunstenaars soos die Klipwerf-Orkes, Kosie Beukes, Die Ventertjies en Fatman wat die leiding geneem het. Varstrap was die naam van ’n Boeremusiekprogram wat op kykNET Musiek uitgesaai is, en daarom is dit gepas dat [...]

  • Met die derde seisoen van The Voice SA is Tasché Burger as die algehele wenner aangewys. Sy was nie net die eerste vroulike wenner van dié reeks nie, maar ook die jongste een tot dusver en sy het pas haar debuutalbum met die hulp van haar afrigter, Francois van Coke, vrygestel. Eintlik is dit ’n [...]

  • Hoewel Chereé aan die begin van hierdie millennium groot sukses as Afrikaanse sangeres behaal het, het sy die laaste paar jaar hoofsaaklik country-musiek saam met haar man, Wynand Strydom opgeneem. Sy het egter nou weer tot die Afrikaanse mark toegetree en haar eerste solo-CD in omtrent tien jaar vrygestel. Die titelsnit, “Wilde waters”, is ’n [...]