• Die FAK-Skryf’it-liedjieskryfkompetisie is besig om sy hoogtepunt te nader met die top- tien-finaliste wat onlangs aangewys is en twee van hulle woon in Gauteng en een in Hartbeespoort. 1. Melody Kotze se liedjie, Sweefstap is ‘n KI Musikale verwerking en sy woon in Hartbeespoort. Haar Ghoeroe is Andriëtte Norman. 2. Ruan Jordaan se liedjie, [...]

  • Die FAK-Skryf’it-liedjieskryfkompetisie is besig om sy hoogtepunt te nader met die top- tien-finaliste wat onlangs aangewys is en vier van hulle woon in die Wes-Kaap! 1. Milah en haar ma Aniel Redelinghuys se liedjie, Bittermooi Boland is ‘n oorspronklike verwerking en hulle woon in Wellington. Hulle Ghoeroe is Andriëtte Norman 2. Lienke Viljoen se [...]

  • Teatergangers in Gauteng kry binnekort weer die geleentheid om volgens egte tradisie hul mooi-moois aan te trek, en soos in die dae van ouds, Afrikaanse teater met al die nodige prag en praal by die Suid-Afrikaanse Staatsteater te beleef. Die veelbesproke samewerkingsooreenkoms tussen die FAK en die Staatsteater skop op 23 September af met [...]

  • Orania CVO-skool saam met die ander CVO-skole in die Noord-Kaap het op 31 Julie en 1 Augustus hul streekskultuurbyeenkoms op Orania aangebied. Die naweek se kultuurprogram het met redenaars afgeskop, waarna die laatmiddag en aand gewy is aan drama, toneel, prosa en poësie. Saterdag het die kultuurvierings voortgegaan met sang, musiek, asook nog drama [...]

  • Die sielkundige, radiopersoonlikheid en storieverteller dr. Eugene Kemp het op Donderdag 6 Augustus sy inspirerende boek Tapas vir die reis tydens ’n spesiale geleentheid in die FAK-Liedjietuin by die Voortrekkermonument bekendgestel. Die geleentheid is geopen deur dr. Danie Langner, besturende direkteur van die Kultuurtuiste, waarna Derrich Gardner, omroeper by RSG en aanbieder van Brêkfis [...]

  • Die Orania Bewaringstigting en FAK-Noord-Kaap het op 25 Julie ’n sterre- en sonkykgeleentheid, onder leiding van ’n kenner, dr. Ruhann Steyn, op Orania aangebied. Cara Tomlinson, FAK-Noord-Kaapse kultuurorganiseerder en ook koördineerder van die geleentheid, het ná afloop van die aanbieding gesê: “Deur die sterre en die hemelruim te bestudeer, besef ons opnuut ons eie [...]

  • Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) het gedurende Julie drie suksesvolle Ekspo-slypskole vir uitstaande Afrikaanssprekende hoërskoolleerders in Pretoria, die Vrystaat en die Wes-Kaap aangebied. Die program bied aan jong skrywers die geleentheid om hul kreatiewe vaardighede onder leiding van die bekroonde draaiboek- en liedjieskrywer Sallas de Jager te ontwikkel. Die slypskole het van 2 [...]

  • Die tweede fase van die FAK-Skryf’it-liedjieskryfkompetisie is amptelik aan die gang, en die spanning onder die deelnemers is tasbaar. Ná ’n rekordgetal van 1 101 inskrywings gaan die beste van die bestes nou om ’n plek in die finale rondes meeding.Die groot beoordeling het vanaf 1 tot 27 Junie plaasgevind waarby’n paneel bestaande uit Afrikaanse [...]

  • Nagenoeg 1 000 musiekliefhebbers, gesinne en kultuurgeesdriftiges het Saterdag 27 Junie op die trappe van die Voortrekkermonument byeengekom vir ’n besonderse huldeblykkonsert aan die musieklegende Gé Korsten. Dit was die heel laaste keer wat dié unieke Lefra-produksie onder regie van Frans Swart, Gé Sing: Hoor My Lied!, te sien was. Die geleentheid, wat in [...]

  • Die historiese trappe van die Voortrekkermonument was Maandag die verhoog vir een van die grootste saamsinggeleenthede van sy soort in Suid-Afrika toe meer as 800 leerlinge en 80 onderwysers van Laerskool Constantiapark in Pretoria hul stemme verenig het in ’n indrukwekkende uitvoering van 51 FAK-liedjies. Die geleentheid het die hoogtepunt gevorm van ’n jaar [...]