• Deur Etienne HansenDie Anglo-Boereoorlog het die Afrikaner soos geen ander gebeurtenis in ons geskiedenis gewond nie. Die kinders moes die letsels van oorlogsmarte dra en uit die as van ’n verskroeide aarde, ’n nuwe toekoms bou, ’n groeiende aarde skep. Op 16 Junie, Konsentrasiekampdag, treur ons nie net oor die duisende wat in vergete kindergrafte [...]

  • “Ons onthou die Vrede van Vereeniging vandag nie net as ’n dokument nie, maar as ’n keerpunt in die geskiedenis. Ons onthou die ondertekenaars, maar ook die onbekende vrou met ’n sterwende kind in haar arms in die kamp. Ons onthou die oupa wat sy seun moes begrawe. Ons onthou die terugkeer na afgebrande en [...]

  • “Ek is opreg dankbaar dat ons Afrikanerjeug toegerus word om ons geliefde moedertaal te kan bevorder.” Só sê Hardus Louw, ’n lid van die graad 8-span van Kraaifontein Voortrekkers, nadat hy en sy span die besonderse geleentheid gehad het om die FAK se Suid-Kaap-kultuurnetwerk se unieke Taaldraai-toer te beleef. Met hierdie sentiment het Louw nie [...]

  • Geseënde Hemelvaartdag! “Hy het hulle geseën terwyl Hy weggegaan het van hulle. God het Hom na die hemel geneem.” Lukas 24:51 (ABA-vertaling) Wat ’n diep en kragtige oomblik! Voordat Jesus opgevaar het na die hemel, het Hy nie net vertrek nie – Hy het geseën. Sy laaste daad op aarde was ’n seën, ’n profetiese [...]

  • Die Pretoria Eisteddfod Gala-aand het gisteraand plaasgevind by die Affies Ouditorium – 'n aand gevul met talent en toekennings! Die FAK het met trots die wisseltrofee vir “Mees belowende blaser (10–14 jaar)” aan Mikayla Venter oorhandig, ’n talentvolle trompetspeler van Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria. FAK projekbeamte van skole, musiek en kuns, Lieandri Ackermann, het die [...]

  • Die reuse- driedimensionele letters wat “Afrikaans” spel en ’n landwye draai gemaak het as deel van die 100ste bestaansjaarviering van Afrikaans as amptelike landstaal, het op 27 Mei eindelik by die Voortrekkermonument in Pretoria aangekom. Dié geskiedkundige oomblik is met groot opgewondenheid en trots gevier.Ná ’n wye tiekiedraai tot in die Kaap en terug, is [...]