Mediaverklaring 20 Januarie 2024 Oom Paul staan nou weer sy plek vol op Kerkplein, Pretoria – sy baadjie blinkskoon en sy hoed afgestof. Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge, met die ondersteuning van verskeie instellings en die Tshwane-metroraad, maak seker dat Oom Paul steeds fier en trots bo sy Boerekrygers op Kerkplein kan uitstyg. ’n [...]
Mediaverklaring 27 Februarie 2024 ’n Groep dapper stappers het die afgelope naweek saam met die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) in die historiese spore van Piet Retief op sy geboorteplaas gestap. Op Welvanpas, Wellington, het Piet Retief die eerste 27 jaar van sy lewe deurgebring – een van die feite oor hierdie Groot Trek-leier [...]
Mediaverklaring 23 Februarie 2024 Die Heldeakker-begraafplaas in Pretoria is nou veilig agter splinternuwe heinings en mure, sodat die boewe wat buite rondloop nie weer toegang tot die waardevolle erfenisskatte het nie. Verskeie grafte is al geskend en gevandaliseer, onder meer oudpresident Paul Kruger se borsbeeld wat gesteel is. Die FAK het die borsbeeld met [...]
Mediaverklaring 17 Februarie 2024 In Estcourt (KwaZulu-Natal) is ’n vervalle mosaïek wat die storie van die Bloukransmoorde vertolk. Hierdie mosaïek is in 1988 onthul en deur ’n vrou van Italiaanse afkoms, Vera Giovitto, kunstig gemaak. Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) het vir meer as twee jaar gepoog om hierdie erfenisskat in bewaring te [...]
Mediaverklaring 28 Februarie 2024 40 hoërskoolleerlinge het die naweek hul plek as erfenisbewaarders in die geskiedenis verewig toe hulle die Turffontein-konsentrasiekamp, in Gauteng, se terrein skoongemaak het. Dié leerlinge van Hoërskool Die Anker, in Brakpan, het hande gevat met die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) se kultuurnetwerke en moue opgerol om die belangrike taak [...]
Mediaverklaring 9 Februarie 2024 Na byna drie jaar kan die Carolina Burgermonument uiteindelik tot sy vorige glorie herstel word. Waar ander afbreek, sal die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) weer bou. In 2021 is die kop van die Burgermonument in Carolina afgekap en die beeld gevandaliseer tydens die Zuma-optogte wat in hierdie tyd plaasgevind [...]
MediaverklaringsWebmeester2023-04-27T19:54:05+02:00