Nadat hy groot sukses as deelnemer aan The Voice SA behaal het, het Fatman se eerste album, Boom baby, in 2017 verskyn. Fatman, wie se regte naam Johan Brummer is, het jare se ondervinding in die musiekbedryf; hy het lank saam met Pieter Smith opgetree en eers in sy vroeë veertigerjare werklik die publiek se [...]
Sommige kunstenaars stel elke jaar, of dalk elke twee jaar, nuwe musiek vry terwyl ander hul aanhangers langer laat wag. Een van laasgenoemde kunstenaars is Gerrie Pretorius, wat sewe jaar gelede sy laaste album uitgereik het, en nou weer besluit het dat dit tyd was vir ’n nuwe een. Gerrie was die laaste tyd hoofsaaklik [...]
Hoewel Ricus Nel al groot bekendheid as veelvuldige instrumentalis verwerf het, het sy gewildheid die afgelope paar jaar ook as sanger toegeneem. Nadat hy ’n groot treffer met “Hardekole”, saam met Adam Tas, Bok van Blerk en Refentse gehad het, het hy ’n album vrygestel waarop hy hulde aan Worsie Visser gebring het. Nou is [...]
Dit is nou al vyf jaar sedert die publiek vir die eerste keer van Leah kennis geneem het toe sy die vroulike hoofrol in die rolprent As jy sing vertolk het. Sedertdien het sy groot sukses met haar debuutalbum, Wonderwerk, behaal; dié album het treffers soos “Met jou klere aan”, “Meer as niks” en “Volmaan” [...]
Sedert sy meer as tien jaar gelede haar eerste Christelike album onder die naam Réana vrygestel het, het Riana Nel een van ons land se voorste kunstenaars geword. Na ’n lang stilte, en nadat sy getroud is en ma geword het, is sy eindelik terug met haar vierde kommersiële album, Sterker. Die eerste snit, “Hou [...]
In die 1970’s het John Edmond ’n aantal groot treffers op Springbok Radio se Top 20 gehad, onder meer “Fairy tales”, “Round and around”, “Toy train” en “Goodbye is the saddest song”. John het lank laas nuwe musiek uitgereik, maar nou het sy seun John Ross Edmond, vorendag gekom met ’n konsepalbum waarin hy die [...]
Gewoonlik beskou jong kunstenaars wat tot die musiekbedryf toetree, sekere popkunstenaars as hul vernaamste invloede, maar Sunel van der Linde, wat onder haar naam sing, is ’n uitsondering op hierdie reël. Hoewel Sunel lyk asof sy ’n doodgewone popsangeres kan wees, is dit alles behalwe die waarheid, aangesien sy haarself as ’n aanhanger van jazz- [...]
Chanette Paul LAPA “Hy sal vir jou sê dit sal nooit weer gebeur nie, maar trust me, dit sal. As daardie membraan tussen selfbeheer en gewelddadigheid eers eenkeer geskeur het, word dit nooit weer heel nie. Dis soos ʼn maagdevlies. Jy kan nooit weer ʼn maagd word nie. Soos onskuld. As jy dit eers [...]
Madelie Human LAPA Haar geluk bestaan uit verskillende skakerings ... Lea Richter is vasgevang in ’n situasie waaruit sy nie kan kom nie. Haar ma is aan ’n rolstoel vasgekluister, erg depressief en afhanklik van haar. Lea se onblusbare gees hou haar egter staande: met haar kragtige motorfiets gaan sy op lang ritte en saans [...]
Adriana Faling Lux Verbi Dit is 2014 in Sirië, elke dag vrees Ilizabith vir haar lewe, die man wat haar ontvoer en sy vrou gemaak het, is boos. Sy probeer hom gelukkig hou sover sy kan, tot daar eendag twee vroue aan haar deur kom klop. In Libanon probeer Pascale haar roeping uitleef soos sy [...]
Resensies en PublikasiesWebmeester2024-04-30T14:24:40+02:00