• Verlede jaar is ’n nuwe ster op die plaaslike musiektoneel “gebore” toe Demi Lee Moore die eerste, en tot dusver enigste, seisoen van die werklikheidsprogram Die kontrak gewen het. Haar album, Mis eet slaap herhaal het gou ’n topverkoper geword , en nou het sy besluit om dit op te volg met haar tweede album, [...]

  • Daar was tot dusver min kunstenaars wat dit reggekry het om gemaklik tussen kommersiële en Christelike Afrikaanse musiek te beweeg en steeds geloofwaardig in albei genres te wees. Een daarvan is Christelle Combrink, wat onder die verhoognaam KrissTel twee Christelike albums uitgereik het en deel van die lof-en-aanbiddingsgroep Duis-Lig is. Twee jaar gelede het sy [...]

  • Dit gebeur nie altyd dat kunstenaars wat in hul tienerjare tot die musiekbedryf toetree, volgehoue sukses behaal nie, maar die kitaarduo, Die Ventertjies, het sedert hul debuut vyf jaar gelede bewys dat dit moontlik is. Nicola en Lindie-Lee Venter bespeel onderskeidelik die hoof- en baskitaar en tot dusver het hulle hoofsaaklik staatgemaak op ’n gestroopte [...]

  • Nadat hy Ronell Erasmus se plek as deel van Touch of Class ingeneem het, het Ruhan du Toit besluit om ’n sololoopbaan te volg. Sy eerste solo-enkelsnit en musiekvideo, “As jy dink jy weet”, is pas vrygestel en is geskryf deur die ervare liedjieskrywer Johan Oberholzer. Die snit gaan oor presies wat die titel sê: [...]

  • Dit gebeur nie aldag dat ’n klassieke mezzo-sopraan tot die ligte musiekbedryf toetree nie, maar dit is presies wat Michelle Grace met haar jongste enkelsnit gedoen het. Die snit wat sy gekies het, is “Ek glo in jou”, geskryf deur niemand minder nie as Rudi Claase. Dit is ’n snit met ’n Christelike inslag, en [...]

  • Sy is nie net ’n sangeres nie, maar ook ’n model, televisieaanbieder, aktrise en gekwalfiseerde prokureur. Ons het vir Leah, wie se regte naam Leani van Niekerk is, leer ken toe sy haar vrolike debuut-enkelsnit “Met jou klere aan” vrygestel het, maar sedertdien het sy gewys dat daar baie meer in haar steek. Haar debuutalbum, [...]

  • Nadat hy groot sukses as deelnemer aan The Voice SA behaal het, het Fatman se eerste album, Boom baby, in 2017 verskyn. Fatman, wie se regte naam Johan Brummer is, het jare se ondervinding in die musiekbedryf; hy het lank saam met Pieter Smith opgetree en eers in sy vroeë veertigerjare werklik die publiek se [...]

  • Sommige kunstenaars stel elke jaar, of dalk elke twee jaar, nuwe musiek vry terwyl ander hul aanhangers langer laat wag. Een van laasgenoemde kunstenaars is Gerrie Pretorius, wat sewe jaar gelede sy laaste album uitgereik het, en nou weer besluit het dat dit tyd was vir ’n nuwe een. Gerrie was die laaste tyd hoofsaaklik [...]

  • Hoewel Ricus Nel al groot bekendheid as veelvuldige instrumentalis verwerf het, het sy gewildheid die afgelope paar jaar ook as sanger toegeneem. Nadat hy ’n groot treffer met “Hardekole”, saam met Adam Tas, Bok van Blerk en Refentse gehad het, het hy ’n album vrygestel waarop hy hulde aan Worsie Visser gebring het. Nou is [...]

  • Dit is nou al vyf jaar sedert die publiek vir die eerste keer van Leah kennis geneem het toe sy die vroulike hoofrol in die rolprent As jy sing vertolk het. Sedertdien het sy groot sukses met haar debuutalbum, Wonderwerk, behaal; dié album het treffers soos “Met jou klere aan”, “Meer as niks” en “Volmaan” [...]