Dis ’n nuwe jaar, ’n nuwe dekade en Monique Steyn volg vanjaar ’n nuwe benadering met die bekendstelling van haar nuwe liedjies, maar diep ook ou talente op. Die nuwe jaar het nog skaars begin en sy het reeds met die Bok Radio Bootvaart na Walvisbaai, Namibië vertrek waar sy saam met onder meer Jan [...]
Sedert sy album Beautiful beautiful piano ’n paar jaar gelede verskyn het, het Rocco de Villiers se gewildheid aansienlik toegeneem, nie net as gevolg van sy vertolking van bekende liedjies nie, maar ook eie komposisies. Rocco het nou weer, na sy versamelalbum Beautiful beautifiul collection , nog ’n versameling, getiteld Beautiful beautiful favourites vrygestel, met [...]
Ons almal was al in die volgende situasie: ’n paar manne (en soms ook vroue) kuier saam, en daar is musiek nodig om ’n atmosfeer te skep; hoe nou gemaak? Die album Hardebaard kuierliedjies is dalk die antwoord; of is dit? Dit bevat ’n aantal bekende oorsese en plaaslike treffers, en hier en daar ook [...]
Dit is vanjaar twintig jaar sedert Suid-Afrika een van sy legendariese kunstenaars verloor het toe Gé Korsten oorlede is. Sedertdien het ’n handjievol tenore op die toneel verskyn, maar daar was tot dusver min wat sy skoene kon volstaan. Een van dié wat homself al as ’n talentvolle en veelsydige kunstenaar gevestig het, is Jannie [...]
Verlede jaar is ’n nuwe ster op die plaaslike musiektoneel “gebore” toe Demi Lee Moore die eerste, en tot dusver enigste, seisoen van die werklikheidsprogram Die kontrak gewen het. Haar album, Mis eet slaap herhaal het gou ’n topverkoper geword , en nou het sy besluit om dit op te volg met haar tweede album, [...]
Daar was tot dusver min kunstenaars wat dit reggekry het om gemaklik tussen kommersiële en Christelike Afrikaanse musiek te beweeg en steeds geloofwaardig in albei genres te wees. Een daarvan is Christelle Combrink, wat onder die verhoognaam KrissTel twee Christelike albums uitgereik het en deel van die lof-en-aanbiddingsgroep Duis-Lig is. Twee jaar gelede het sy [...]
Dit gebeur nie altyd dat kunstenaars wat in hul tienerjare tot die musiekbedryf toetree, volgehoue sukses behaal nie, maar die kitaarduo, Die Ventertjies, het sedert hul debuut vyf jaar gelede bewys dat dit moontlik is. Nicola en Lindie-Lee Venter bespeel onderskeidelik die hoof- en baskitaar en tot dusver het hulle hoofsaaklik staatgemaak op ’n gestroopte [...]
Nadat hy Ronell Erasmus se plek as deel van Touch of Class ingeneem het, het Ruhan du Toit besluit om ’n sololoopbaan te volg. Sy eerste solo-enkelsnit en musiekvideo, “As jy dink jy weet”, is pas vrygestel en is geskryf deur die ervare liedjieskrywer Johan Oberholzer. Die snit gaan oor presies wat die titel sê: [...]
Dit gebeur nie aldag dat ’n klassieke mezzo-sopraan tot die ligte musiekbedryf toetree nie, maar dit is presies wat Michelle Grace met haar jongste enkelsnit gedoen het. Die snit wat sy gekies het, is “Ek glo in jou”, geskryf deur niemand minder nie as Rudi Claase. Dit is ’n snit met ’n Christelike inslag, en [...]
Sy is nie net ’n sangeres nie, maar ook ’n model, televisieaanbieder, aktrise en gekwalfiseerde prokureur. Ons het vir Leah, wie se regte naam Leani van Niekerk is, leer ken toe sy haar vrolike debuut-enkelsnit “Met jou klere aan” vrygestel het, maar sedertdien het sy gewys dat daar baie meer in haar steek. Haar debuutalbum, [...]
Resensies en PublikasiesWebmeester2024-04-30T14:24:40+02:00