• Vir Fanus Pienaar is musiek maak deel van wie hy is. Sy nuutste enkelsnit “John Deere hoed” is op 22 Mei op radio vrygestel en sal later vandeesweek op alle digitale platforms beskikbaar wees. Fanus is al vir jare lank in die musiekbedryf en het treffers soos “Luister na jou hart” en “Vir my [...]

  • Nuwe insig kom deur waarneming en nie met redenasies nie. Valiant Swart het deur die jare juis só tot ’n nuwe verstaan van die lewe gekom. Met ’n loopbaan wat strek vanaf 1988 en talle kilometers op die pad, het Valiant Swart al die kante van die lewe gesien. Sy nuwe album, Rondry, fliek en [...]

  • Dit is ons erns Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) se kultuurnetwerke in die Kaap het vir die viering van Afrikaans as taal se 98ste verjaardag, wat op 8 Mei plaasgevind het, die Paarl-omgewing verken. Hierdie area is die geboorteplek van Afrikaans as taal en waar die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) tot stand gekom [...]

  • Mediaverklaring 13 Mei 2023 ’n Klein, dog magtige, groep vrywilligers het vroeg op 13 Mei hul grawe en spitvurke opgetel en saam met die FAK se kultuurnetwerke die Heldeakker in Pretoria opgeknap. Die begraafplaas huisves grafte van groot name uit ons land se geskiedenis, soos Paul Kruger, HF Verwoerd, Pierneef en Eugène Marais en [...]

  • Die FAK se Jeugsimfonieorkes en die Akademia-koor het hande gevat en gaan op die 16de vandeesmaand ’n gesamentlike konsert aanbied in die majestueuse Voortrekkermonument (VTM) se Heldesaal. Dit is die eerste keer wat twee Afrikaner- bastion organisasies saamkom om ons kulturele musiekerfenis te bevorder en uit te bou. Hierdie konsert sal die FAK Jeugsimfonieorkes se [...]

  • Die FAK pak jaarlikse projekte aan om die Afrikaanse taal, kultuur en geskiedenis te bewaar en ontwikkel. Vanjaar het ons boekrak nog voller geword met verskeie uitnemende publikasies vir jóú om van te kies! “Pretoria het ’n uiters interessante geskiedenis, wat verdien om geboekstaaf te word.” Só vertel prof. Anton Carl van Vollenhoven in die [...]

  • Mediaverklaring Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) se Oos-Rand-Kultuurnetwerk en ander belanghebbendes het op 6 Mei die Turffontein-konsentrasiekamp skoongemaak en verfraai ter voorbereiding van Konsentrasiekampdag wat jaarliks op 16 Junie plaasvind. Dié dag, 16 Junie 1900, het die Britse imperialis, Lord Roberts die verskroeideaardebeleid aangekondig en hierdie terrein word voorberei om vir die eerste [...]

  • Die naam Mitha Lubbe is oor die afgelope paar weke op almal se lippe na haar weergawe van Johannes Kerkorrel se trefferlied, “Hillbrow”, die rondtes op sosiale media begin maak het. Mitha is ’n sangeres uit Pretoria wat vanjaar deel is van ’n groep hoopvolle sangers wat hul inskrywings vir die gewilde musiekkompetisie Die Kontrak [...]

  • Die FAK Afrikaanse Liedjietuin is ’n geliefde bestemming vir Afrikaanse musiekliefhebbers. Hierdie tuin is ’n monument vir Afrikaanse musiek en is geleë in Pretoria by die FAK-Huis wat aan die voet van die Voortrekkermonument staan. Die Liedjietuin kan net beskryf word as ’n buitelugmusiekmuseum en vertoon wat ons “Liedjeborde” noem – woorde vanuit ons [...]

  • Mediaverklaring 19 April 2023 FAK-Kultuurnetwerke spoor Voortrekkerbegraafplaas op; eer Voortrekkerhelde Vanjaar is die 185ste gedenkjaar van die Groot Trek en die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) loods vanjaar vele projekte ter ere aan ons voorouers. As deel hiervan neem die FAK verantwoordelikheid van Voortrekkerbakens regoor Suid-Afrika en neem dit in beskerming. Te danke aan [...]