• deur Marisha Hermann Vanjaar is ek 21 jaar oud. Met elke Geloftefees trek ek my netjiese kerkklere aan en gaan ontmoet Afrikaners iewers in die land. Ek het al 19 verskillende Geloftefeeste bygewoon. Ek was twee keer by die Vegkop Geloftefees. Reitz, Bethlehem, Ermelo, Mosselbaai, Vegkop, Harrismith, Wonderboom, De Kuile, Virginia, Bronkhorstspruit, Brits, Rashoop, [...]

  • “En hy sal wees soos ’n boom wat geplant is by waterstrome, wat sy vrugte gee op sy tyd en waarvan die blare nie verwelk nie; en alles wat hy doen, voer hy voorspoedig uit.” - Psalm 1:3 Wanneer jy ’n boom plant, plant jy dit waarskynlik met die wete dat jy nie onder [...]

  • Mediaverklaring 27 November 2023 Dit is 225 jaar sedert die geboorte van die held van die Slag van Bloedrivier. Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) het Andries Pretorius se lewe gevier met ’n toer deur Pretoria. Die stad wat na hom vernoem is. Lede van die FAK-Kultuurnetwerke in Pretoria het Saterdag 25 November 2023 [...]

  • Mediaverklaring 1 Oktober 2023 Onderwyseres, huisvrou, skrywer en volksmoeder. Oumatjie Stoffberg (Francina Susanna Aletta, ook genoem Cinie) is deur lede van die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) se kultuurnerwerke in Pretoria onthou by haar laaste rusplek in die Rebeccastraat begraafplaas in Pretoria-Wes op die 57ste herdenking van haar dood. Deur die skoonmaak van haar [...]

  • Mediaverklaring 22 November 2023 Tuiste, trots, toekoms. Met só ’n leuse vloei rentmeesterskap en kulturele ambassadeurskap van nature uit die alledaagse werk en handel van ’n kultuurorganisasie. Juis daarom het die FAK besluit om nóg ’n monument in Parys te herstel. Voor die munisipale gebou in dié dorp in die Vrystaat, staan ’n senotaaf [...]

  • Mediaverklaring 18 November 2023 Die vlam van kultuur en erfenis brand helder in die harte van dié bejaardes. Persone ouer as 60 jaar van die Sewendedag-Adventistekerk in Vaaldriehoek, het 16 November ’n “Op die pad van Suid-Afrika” toer meegemaak. Hierdie toer is deur die Vaal-Kultuurnetwerk aangebied met Kobie Ströh as toergids. Kobie Ströh, lid [...]

  • Mediaverklaring 14 November 2023 Dit is belangrik dat álle Afrikanerkinders hulle geskiedenis moet leer. Daarom het die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) die kinders van Chalk Board Champs, ’n skool met kinders wat spesiale behoeftes het, met ope arms by Udolpho Rivierplaas net buite Parys in die Vrystaat ontvang, en vir hulle ’n hele [...]

  • Lede van die Noordelike Voorstede-FAK-Kultuurnetwerk het Maandagmiddag 6 November 2023 besoek afgelê by die graf van Sarah Raal in die Maitland-begraafplaas naby Kaapstad, en gereflekteer op die lewe van hierdie merkwaardige vrou. Susarah Frederika Magdalena Raal is 150 jaar gelede op 6 November 1873 op die plaas Olijvenfontein in die Vrystaat gebore. Haar naam [...]

  • Die Kaapse kultuurnetwerk druk hand in eie boesem om Barend Bartholomeus (Bennie) Keet, een van die vyf 1933-Bybelvertalers, se graf te herstel. Sy graf is in die Onder-Papegaaiberg-begraafplaas in Stellenbosch. Die woorde op die beeld van Handelinge 2:11, “Ons hoor hulle in ons eie taal oor die groot dade van God spreek”, was verdof [...]

  • Mediaverklaring 28 November 2023 Nuwe Geloftefeeste word steeds gestig 185 jaar na die Gelofte vir die eerste keer afgelê is. Hierdie Geloftefees het begin as net ’n kerkdiens en 50 mense. Dit het gegroei na 120 mense, waarna besluit is om te skuif na ’n groter saal. Die Geloftefees word gehou op Wemmershoek Voortrekkerkampterrein [...]